Showing posts with label Jakhalsdans. Show all posts
Showing posts with label Jakhalsdans. Show all posts

Saturday, March 6, 2010

Loxton? Waaas dit???

.

Die bekroonde skrywer, Deon Meyer, het 'n draaiboek geskryf, Jakhalsdans. Die rolprent is op Loxton verfilm met Theuns Jordaan, Elizma Theron en Niel Sandilands in die hoofrolle. Die première van die film was op 27 Februarie op die plaas Jakhalsdans, onder die sterre!

Nou Loxton en omgewing is al mooi genoeg om te besoek en te verken sonder 'n rede, maar toe hierdie kans verby kom het ons dit nie deur ons vingers laat glip nie.

Hierdie is my eerste poging om 'n reis verslag in Afrikaans te doen en ek wil uit die staanspoor sê dat ek nie 'n taal puris is nie. Dus sal hier woorde soos "bikes" en "bikers" (o.a.) gebruik word sonder om te blik of te bloos. Dis nie 'n tesis die nie - net 'n skrywe waarin ek van ons ervarings en wedervaringe wil deel op 'n manier wat my pêlle en familie sal verstaan. As ek moet uitval met woorde soos "Dubbeldoel-motorfietsryers" sal driekwart van die bikers nie 'n clue hê waarvan ek praat nie. Dit klink in elk geval te "grênd". Ons is net gewone ouens (en vrouens!) wat weet hoe om ons ysterperde te geniet.

Nou hoekom dubbel werk? Hoekom die verslag skryf in beide Engels en Afrikaans? Wel, meer as die helfte van die besoekers op my blog is internasionale besoekers, so die voertaal sal maar altyd Engels moet wees. Maar hierdie film, area en mense is eie aan Afrikaans en sy kultuur en hierdie Boerseun het net gevoel dat hierdie trippie se storie ook in Afrikaans vertel moet word. Al is dit dan nou nie puriteins Afrikaans nie.

So, (Drum Roll Please!!!) hier is dit - in jou taal:








Deel op Facebook



(Kliek op kaart en zoom in as jy 'n groter roete kaart wil sien)




Jakhalsdans vaar goed op eerste naweek.

Nuwe plaaslike rolprent laat die geld inrol.

‘Jakhalsdans’ vang Sandilands onkant.

Stel ’n nuwe standaard vir Afrikaanse flieks.






Bronne: Loxton; Oewerkonyn; Jakhalsdans; Theuns Jordaan; Hugo



Share/Save/Bookmark
 
Vreemde Stad
.

Jakhalsdans - Loxton

.

Vir die reisverslag in Afrikaans - Kliek hier.

For the Ride Report in English - Click here.


Share on Facebook







Jakhalsdans - Afrikaans movie a hit!





Share/Save/Bookmark

.

Sunday, February 28, 2010

Vat die lang pad...

.

Kort voor lank, met die bikes gepak en al die wiele styf, vat ons die pad:



Vuurvlieggie is ook terug op haar pos agter-op die TransAlp. Hierdie in-ride fotos maak darem maar 'n verskil. Tussen Melton Wold en Loxton:



En vir oulaas ry ons Loxton binne:



Loxton is gestig op die plaas Phizantefontein nadat die NG Kerk dit van AE Loxton gekoop het in 1899. Dit het 'n munisipaliteit geword in 1905 en bedien die skaapboer gemeenskap in die omliggende distrik. In Maart 1961 is driekwart van Loxton verwoes in 'n vloed na swaar reëns die damwal bo die dorp laat breek het. Die dorp is sedertdien herbou. Van die oorsprinklike geboue, sommige meer as honderd jaar oud, is vandag nog te sien in Loxton.

Daar is ook van die unieke korbeel-huisies te sien in die distrik rondom Loxton. Hierdie interresante strukture lyk soos bye korwe en kom net in 'n klein gebied tussen Loxton, Fraserburg, Williston en Carnarvon voor. Dis gebou vanaf 1811 deur die trekboere (wat moes plan maak sonder bou materiaal) slegs met klip en die strukture is gebou sonder dak balke.



My vriend Tok-tokkie het hierdie korbeel-huisies al kom besoek. Lees gerus meer daarvan hier.

Hier is so baie om te sien. Ons sal maar weer hier kom kuier een of ander tyd. Maar vandag ry ons Suid:



Weer verby die plaas Jakhalsdans...



...en dan slaan ons die paaie deur die Groot Karoo.



Heerlike paaie die - Karoo Gravel Highways:





Erens tussen Loxton en Beaufort Wes - die rustigheid hier kom sit so in jou siel.



Terwyl ons nog so ry sien ons Lemac se V-strom en 'n ander motor langs die pad staan en ons trek af. Die arme mense het twee pap wiele gelyk gekry.





Gelukkig ry bikers altyd dinge vir pap wiele saam en Lemac het hulle sommer gou weer terug op die pad gehad. Goeie daad vir die dag gedoen. Maar intussen wonder ons ook hoekom die Landy nog nie ingehaal het nie? Dis toe dat ons uitvind hulle het ook nog 'n pap wiel. Wat is dit met al die wiele vandag?

Hulle het egter 'n spaarwiel en ons spreek af om in Beaufort Wes weer te groepeer.

Volgende op die lys - Moltenopas:







Hierdie pas is deels grondpad en deels teerpad, maar ek het na die tyd gehoor dat die teer deel eintlik Roseberg Pas is. Ek kon dit nie verifieer nie en die pad teken weerskante van die die pas (beide die grond en teer dele) sê net Moltenopas.



Teen die tyd dat ons in Beaufort Wes aankom is dit al middagete en dis warm.

Daar is nou maar eenmaal niks so scary soos 'n biker met 'n pienk melkskommel nie.

Dr.Dirt:



Pad aan die ander kant van die spektrum verkies 'n Bloody Mary - self gemaak!



Na ete stap ons uit en Gryph se agterwiel is weer pap. Hy besluit genoeg is genoeg. Hy bly net daar en ontbied 'n bakkie uit George om hom te kom haal. Met al die tyd verlore word besluit dat die Landy ook sommer reguit George toe gaan ry.

Gelukkig kan ons bikers steeds die grondpaaie vat en kort voor lank vat ons die pad Rietbron toe!



Sedert ek Gerrit Rautenbach se "Rietbron het ook Reëls" gelees het het ek geweet dat ek eendag daar 'n draai sal moet gaan maak. Ek het ook geweet wat ek daar wil gaan doen.

Die lang pad Rietbron toe:



Na ek die foto hier bo geneem het was ek agter met 'n oop pad voor my. Ek het die TransAlp bietjie vrye teuels gegee en toe trek hy behoorlik sy ore plat! Lekker!

Nou ja, bike trips sosiale geleenthede en soos Gerrit Rautenbach gesê het: "Motorfietsry in dié hitte is ’n dorstige besigheid.” So in Rietbron aangekom moet daar darem 'n lafenis wees. Dis mos nou hoe die inhoud van 'n pannier moet lyk!



Dis coke konstabel, met eish ja!



Afgekoel en tevrede ry ons uit Rietbron uit. Houston, we don't have a problem!



Die droë Karoo. Na die onlangse reën sal hierdie een van die dae gras groen wees.







Dit raak laat middag en ons hoor hoe die Pers Olifantjie by Herrie se plek in De Rust trompetter om ons te roep vir 'n yskoue lafenis.

Toe die 1200GS en die TranAlp dit hoor was daar geen keer nie

"Die num-num en kambro van die Klein Karoo
Beaufort-Wes dink ek net, dink ek net aan jou
Ek wil huis toe gaan
Deur die straights en om die draaie na jou"




En wie loop ons in De Rust raak? Gryph! Hy het sy wiel reggekry en begin George toe ry.

Vanaf De Rust vat die grondpaaie ons verby Dysselsdorp en Heimersrivier:



Paardepoort:



Herold:



En 'n laaste stop op die pragtige Montagu Pas:



Hier sit ons vir ou laas en gesels en bepreek die trip wat nou op sy einde is. Hierdie was een van die beter trips waarop ek al was. Ek weet nie wat maak dat sommige trips uitstaan nie. Dalk die mense, die grappe, die roete, die feit dat my vrou die keer saam was of dalk 'n kombinasie van alles. Maar die rede maak nie regtig saak nie. Who cares? Dit was net lekke man!

En kyk hoe lyk dit om ons. Ons draal met opset hier.



Wat kyk jy?



Aaaah...



Maar alle goeie dinge kom tot 'n einde.



Dankie aan 'n ieder en 'n elk wat saam was Ek dra hierdie ervaring in my hart. Loxton sal ons weer sien. En Carnavon se Blikkies Bar. En dalk hou ons sommer aan Verneukpan toe. En dalk draai ons op daai trip nie weer om nie...

Fluit fluit...




.