Kort voor lank, met die bikes gepak en al die wiele styf, vat ons die pad:
Vuurvlieggie is ook terug op haar pos agter-op die TransAlp. Hierdie in-ride fotos maak darem maar 'n verskil. Tussen Melton Wold en Loxton:
En vir oulaas ry ons Loxton binne:
Loxton is gestig op die plaas Phizantefontein nadat die NG Kerk dit van AE Loxton gekoop het in 1899. Dit het 'n munisipaliteit geword in 1905 en bedien die skaapboer gemeenskap in die omliggende distrik. In Maart 1961 is driekwart van Loxton verwoes in 'n vloed na swaar reëns die damwal bo die dorp laat breek het. Die dorp is sedertdien herbou. Van die oorsprinklike geboue, sommige meer as honderd jaar oud, is vandag nog te sien in Loxton.
Daar is ook van die unieke korbeel-huisies te sien in die distrik rondom Loxton. Hierdie interresante strukture lyk soos bye korwe en kom net in 'n klein gebied tussen Loxton, Fraserburg, Williston en Carnarvon voor. Dis gebou vanaf 1811 deur die trekboere (wat moes plan maak sonder bou materiaal) slegs met klip en die strukture is gebou sonder dak balke.
My vriend Tok-tokkie het hierdie korbeel-huisies al kom besoek. Lees gerus meer daarvan hier.
Hier is so baie om te sien. Ons sal maar weer hier kom kuier een of ander tyd. Maar vandag ry ons Suid:
Weer verby die plaas Jakhalsdans...
...en dan slaan ons die paaie deur die Groot Karoo.
Heerlike paaie die - Karoo Gravel Highways: